Cavalcade, A Farewell to Arms Lady for a Day (4 elk)
Die 6de Oscar-toekenningsaand is op 16 Maart 1934 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente tussen 31 Julie 1932 en 31 Desember 1933. Will Rogers was die aanbieder en het al die pryse oorhandig.
Toe Rogers die prys vir beste regisseur aankondig, het hy bloot gesê: "Kom haal dit, Frank!" Frank Capra het gedink hy het gewen en het na die podium gehardloop, net om uit te vind Rogers het Frank Lloyd bedoel, wat vir Cavalcade gewen het.[1]
Dit was die laaste keer dat die tydperk waarvan prente in aanmerking gekom het, oor twee kalenderjare gestrek het en dit was dus die langste tydperk nog (’n jaar en ’n half).
Dit was ook die laaste keer dat geen prent meer as vier benoemings gekry het nie.
Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem):[2][3]
Wenners en benoemdes van die 6de Oscar-toekenningsaand